Skip to content

Ramaphosa verseker NVG van regering se ondersteuning na Andrea Johnson se bedanking

# President Cyril Ramaphosa het die leierskap en personeel van die Nasionale Vervolgingsgesag verseker van die regering se ondersteuning vir sy werk in die stryd teen misdaad en korrupsie. Hy het die hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Andrea Johnson, se onmiddellike bedanking aanvaar . Sy was verlede week onder die loep toe sy voor die Madlanga-kommissie getuig het. Ramaphosa het Johnson in Februarie 2022 in die posisie aangestel met die mandaat om die stryd teen korrupsie en staatskaping te versterk.