Skip to content

Statebondspele: Nog drie medaljes vir SA-span, almal in die swembad

# Statebondspele: Die Suid-Afrikaner Pieter Coetze het na sy prestasies in die 50-meter, nog ‘n goue medalje en ‘n Spelerekord ingepalm, die keer in die 200-meter. Sy wentyd was een-minuut-54,22-sekondes, met die Engelse swemmers Oliver Morgan en Luke Greenbank onderskeidelik tweede en derde. Aimee Canny het silwer in die vroue 100-meter borsslag gewen, met ‘n bronsmedalje vir Olivia Nel in die vroue 100-meter rugslag. In netbal het Suid-Afrika twee oorwinnings uit twee wedstryde behaal met ‘n oortuigende sege van 96-42 oor Tonga. Suid-Afrika het nou reeds nege medaljes gewen.