# Andrea Johnson, hoof van die Onafhanklike Direktoraat Teen Korrupsie, IDAC, het aan president Cyril Ramaphosa en die nasionale direkteur van Openbare Vervolging, Andy Mothibi, geskryf en toestemming gevra om met onmiddellike ingang te bedank en dat haar kennistydperk van drie maande kwytgeskeld word. Dit volg nadat haar hantering van hoëprofiel-korrupsiesake waarby senior misdaadintelligensie-beamptes betrokke was, by die Madlanga-kommissie onder skoot gekom het. In ʼn brief wat uitgelek is, beskryf Johnson die aanvalle teen haar as ongekend. Sy sê haar bedanking sal die instellings en die land die beste dien. Mothibi het ontvangs van die versoek erken.
IDAC-hoof vra president Ramaphosa se toestemming om onmiddellik te bedank