Skip to content

IMF sê toegang tot elektrisiteit moet verbeter voor Afrika KI-potensiaal kan benut

# Die Internasionale Monetêre Fonds sê Afrika suid van die Sahara kan sy ekonomie in die volgende dekade met sowat 4-persent uitbrei met die gebruik van kunsmatige intelligensie. Die organisasie waarsku egter in ‘n nuwe verslag dit kan slegs gebeur indien regerings dringend knelpunte in elektrisiteitsvoorsiening, internettoegang en digitale vaardighede oplos. Die fonds sê die aanvaarding van KI sonder hervormings sal groei van slegs 0,2-persent oplewer. Afrika beskik tans oor ongeveer 160 datasentrums, wat net 5,5-persent van die wêreldtotaal verteenwoordig. Byna die helfte is in slegs drie lande gevestig, Suid-Afrika, Nigerië en Kenia.