Skip to content

Rugby: Borge red Outeniqua se besoek aan Grey in Bloemfontein

# Rugby: Volgende maand se skole-wedstryd tussen die gasheer, Grey Kollege, en Outeniqua gaan voort nadat borge bekom is om die span van George na Bloemfontein te neem. Die kragmeting was volgens berigte in die gedrang omdat Outeniqua nie die reiskoste van 1,4-miljoen-rand kon bekostig vir die afstand van altesaam een-duisend-400-kilometer nie. Grey se hoof, Braam van Wyk, waarsku ekonomiese druk weens hoë brandstofpryse kan skole dwing om hulle interskole-kragmetings en toere te heroorweeg. Die wedstryd word beplan vir 8 Augustus.