# Kaapstad Toerisme het ‘n 12-maande-leerlingskap van stapel gestuur om jong, werklose gestremdes is te help om hul eie ondernemings in die toerismesektor te begin en te laat groei. Die uitvoerende hoof, Enver Duminy, sê die program, wat in vennootskap met Essential Skills Development en Pato Tours aangebied word, sal geakkrediteerde opleiding, mentorskap en sakeondersteuning bied. Duminy sê die inisiatief is daarop gemik om ‘n meer inklusiewe toerismebedryf te skep en ekonomiese geleenthede vir gestremdes uit te brei:
Kaapstad Toerisme bemagtig jong gestremdes deur sakeprogram [KLANK]
ENG DuminyOnLimitlessCampaign