# Rugby: Die skrumskakel Stefan Ungerer is kaptein van die Stormers-23 – voorheen Westelike Provinsie – in Sondag se Curriebeker-kragmeting met hulle Kaapse bure, Boland, in Wellington. Daar is net een verandering aan die opdrafspan. Die losskakel Jean-Luc du Plessis het ‘n kniebesering en word vervang deur Dominique Malgas, wat beïndruk het in verlede naweek se wedstryd teen Griekwas, toe hy op die bank begin het. Die slot Gary Porter is terug op die bank na ‘n tydjie by Zimbabwe Sables.
Rugby: Stefan Ungerer kaptein vir Stormers-23 in Kaapse Curriebeker-kragmeting