Skip to content

Iran waarsku enige Amerikaanse aanval op sy kernaanlegte sal die oorlog in die streek uitbrei

# Iran beskuldig Amerika dat hy Pickaxe Mountain as regverdiging vir bykomende aanvalle gebruik. Daar word vermoed die ondergrondse terrein is ‘n kernaanleg waar Teheran glo besig is om ‘n terrein vir uraanverryking te bou. Die Amerikaanse president, Donald Trump, het vroeër die week gedreig om die aanleg binnekort aan te val. Iran waarsku enige Amerikaanse aanval op sy kernaanlegte sal beskou word as ‘n uitbreiding van die oorlog in die Midde-Ooste. Teheran hou vol sy kernprogram is uitsluitlik vir vreedsame energiedoeleindes.