Skip to content

Sokker: SAFA ontken berigte dat Bafana Bafana-afrigter Broos se kontrak verleng is

# Sokker: Suid-Afrika se beheerliggaam, SAFA, verwerp berigte dat Bafana Bafana se hoofafrigter, Hugo Broos, ʼn aanbod ontvang het om sy kontrak met ʼn jaar te verleng en sê dis vals en misleidend. Vroeër die week is berig SAFA het sy kontrak verleng omdat die kwalifiseerders vir volgende jaar se Afrikabekertoernooi in September begin. Broos se kontrak verstryk die einde van dié maand. SAFA sê ʼn amptelike aankondiging oor die samestelling van Bafana Bafana se tegniese span sal gedoen word sodra die toepaslike prosesse afgehandel is.