Skip to content

Johnson erken Ondersoekdirektoraat het Fadiel Adams se beëdigde verklaring teen Khumalo aangevra

# Die hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, Andrea Johnson, het aan die Madlanga-kommissie gesê die direktoraat het ‘n Artikel 27-beëdigde verklaring van parlementslid Fadiel Adams aangevra en ontvang. Johnson sê dit was nadat ‘n verwysingsbrief van die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, se kantoor ontvang het. Johnson het aan die voorsitter van die kommissie, Mbuyiseli Madlanga bevestig die minister se brief alleen was nie genoeg om ‘n ondersoek teen die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo te aktiveer nie.