Skip to content

Rugby: Sterk Bok-span na Argentinië vir wedstryd teen goeie Pumas

# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus beplan om ‘n sterk span na Buenos Aires te neem vir volgende maand se eenmalige toets teen Argentinië. Hy sê Los Pumas is ‘n goeie span wat die Bokke geklop het in hul laaste toets in Argentinië in 2024, en die Springbokke besef hoe moeilik dit is om hulle tuis te verslaan. Erasmus gaan die nasionale groep in twee verdeel – een vir die wedstryd teen die Pumas op 8 Augustus, terwyl die res agterbly om te begin voorberei vir die toetsreeks teen die All Blacks.