# Die toesighoudende regter in die kantoor van die Onafhanklike Direktoraat Teen Korrupsie sê hy het formele klagtes ontvang teen die hoof van die direktoraat teen korrupsie, Andrea Johnson. Sy staar ernstige beskuldigings in die gesig, onder meer dat sy die inhoud van ‘n stragregtelike aanklag uitgelek het aan ‘n beskuldigde, die senior Misdaadintelligensie-beampte, Feroz Khan. Die direktoraat se Toesigkantoor sê die klagtes teen Johnson kry aandag ingevolge bestaande prosesse. Die kantoor het beklemtoon die ontvangs van ‘n klagte is nie ‘n skuldigbevinding of ‘n bewys van wangedrag nie.
Direktoraat teen Korrupsie kyk na formele klagtes teen Andrea Johnson