Skip to content

Ampsklagkomitee gaan getuienisleier kies en konsep-opdrag oorweeg

# Die parlementêre Ampsklagkomitee vergader vandag virtueel om ʼn getuienisleier te kies. Vyf senior advokate is benoem: Zinzile Matebese, Kate Hofmeyr, Vuyani Ngalwana, Ismail Jamie en Pule Seleka. Hofmeyr en Seleka was ook getuienisleiers by die Zondo-ondersoekkommissie. Die komitee sal ook die konsep-opdrag bespreek. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof sal Vrydag uitspraak lewer oor president Cyril Ramaphosa se aansoek om ʼn dringende interdik om te keer dat die komitee met sy werk voortgaan voor die onafhanklike paneel se verslag oor Phala Phala hersien is.