# Gholf: Die PGA-toer, DP World-toer en die Asiatiese Toer het ‘n nuwe meerjarige vennootskap aangekondig wat tot minstens 2029 sal voortduur. Die PGA-toer en DP World-toer sal deur middel van hul bestaande strategiese vennootskap dadelik met die Asiatiese Toer begin saamwerk om kommersiële en kompetisie-geleenthede te bied. Daar sal ook geleenthede wees wat vanaf volgende jaar se DP World-seisoen voorsiening sal maak vir deelname deur die voorste gholfspelers in Asië. Die Asiatiese Toer was voorheen in ‘n vennootskap met LIV Gholf.
Gholf: Asiatiese Toer sluit mylpaalooreenkoms met die PGA en DP World-toer