# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, sê die departement onderhandel met provinsies en die Nasionale Tesourie oor die uitwerking van fiskale druk op befondste poste en onderrigvermoë. Teen die einde van Januarie vanjaar was 17-duisend-450 van die 389-duisend-286 toegekende poste nie gevul nie. Gwarube sê onderwysposte wat deur goedgekeurde provinsiale instellings toegeken is, is veronderstel om befondste poste te wees, maar die Pos-voorsieningsnorme het nie voorsiening gemaak vir die toekenning van onbefondste poste nie. Sy sê die departement hersien dringend die Pos-voorsieningsnorme.
Minister Gwarube beraadslaag met Tesourie oor befondste poste en onderrigvermoë