Skip to content

Nuwe dubbelbaan op N4 naby Rustenburg geopen

# Die tolpadmaatskappy Bakwena Platinum Corridor sê motoriste trek reeds voordeel uit verbeterde verkeersvloei na die gedeeltelike opening van ‘n nuwe dubbelbaang op die N4 tussen Marikana en Buffelspoort in Rustenburg in Noordwes. Die projek is deel van die 37-kilometer N4-dubbelbaanopgradering wat daarop gemik is om veiligheid, kapasiteit en verkeersvloei op die besige vrag- en pendelroete te verbeter. Bakwena sê een baan sal gesluit bly terwyl konstruksie voortduur, en versoek motoriste om padtekens en die laer spoedbeperkings te gehoorsaam.