# Sokker: ‘n Geraamde twee-miljoen mense het die nuutgekroonde wêreldkampioen, Spanje, se vierings in Madrid bygewoon. Die spelers het die trofee en hulle goue medaljes vanaf ‘n oopdak-bus vertoon aan ‘n see van rooi- en geel-geklede ondersteuners onderweg na Cibeles-plein. Daar is hulle en hoofafrigter Luis de la Fuentes een vir een voorgestel, elk met sy eie liedjie en in hemde met die woorde “Ons is die kampioene”. Koning Felipe en eerste minister Pedro Sanchez het die groep ontmoet voor die parade begin het.
Sokker: Twee-miljoen aanhangers vier Spanje se Wêreldbeker-oorwinning in Madrid