# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, verwelkom die finale Hooggeregshof-bevel aan die Nasionale Vervolgingsgesag se Batebeslagleggingseenheid vir permanente beslaglegging op bates van 326-miljoen-rand van die korrupsie-beskuldigde sakeman, Hangwani Maumela. Dit hou verband met tenderbedrog by die Tembisa-hospitaal en die sluipmoord op die verklikker Babita Deokaran. Woordvoerder Foster Mohale sê dis net die begin van die proses om beslag te lê op die bates van almal wat by die plundering betrokke was:
Minister Motsoaledi sê die R326-miljoen Maumela-verbeurdverklaring is net die begin [KLANK]
ENG MohaleONMaumela