# Die polisie het die afgelope week tydens landwye Shanela-operasies 17-duisend-583 verdagtes weens verskeie misdade in hegtenis geneem. Een-duisend-777 gesoekte misdadigers wat verbind word met geweldsmisdade soos moord, poging tot moord, verkragting, voertuigkapings, onwettige vuurwapenbesit en sake- en huisroof, is aangekeer. Die polisiewoordvoerder, Vincent Mukhathi, sê beslagleggings en herwinnings sluit in 138 ongelisensieerde vuurwapens, insluitend handwapens, haelgewere en gewere, asook een-duisend-178 koeëls, verskeie soorte dwelms en 60 gekaapte en gesteelde voertuie:
Landwye Shanela-operasies lei in een week tot meer as 17-duisend inhegtenisnemings [KLANK]
ENG MukhathiONOperationShanela