# Sokker: FIFA ondersoek die onderonsie tussen Argentynse en Spaanse spelers tydens Sondag se Wêreldbeker-eindstryd in New Jersey. Leandro Paredes het ‘n rooikaart gekry vir gewelddadige gedrag nadat hy Eric Garcia en ander Spaanse spelers gegryp en rondgestoot het. Nahuel Molina het blykbaar die Spaanse kaptein, Rodri, in die maag geslaan terwyl hy hulle oorwinning gevier het. Argentinië se hulp-afrigter, Roberto Ayala, het ook probeer om Dani Olmo te slaan. FIFA sê ‘n dissiplinêre en etiese aanklaer sal moontlike oortredings van die dissiplinêre kode ondersoek.
FIFA kyk na onderonsie tussen Argentynse en Spaanse spelers tydens Wêreldbeker-eindstryd