Skip to content

Minister Kubayi verwelkom finale verbeurdverklaringsbevel vir beslaglegging op Maumela-bates van R326-miljoen [KLANK]

# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, verwelkom die Hooggeregshof in Johannesburg se besluit om ʼn finale bevel aan die Nasionale Vervolgingsgesag se Batebeslagleggingseenheid toe te staan. Dit gee toestemming vir beslaglegging op bates van 326-miljoen-rand van die korrupsie-beskuldigde sakeman, Hangwani Maumela. Volgens ondersoekbeamptes is die bates verkry deur kontrakte van die Tembisa Hospitaal, waar onregmatige verkrygingsprosesse na bewering miljoene rand na die Maumela-sindikaat se rekeninge herlei het. Die departementele woordvoerder, Palesa Rammitlwa, sê die regering wil seker maak misdadigers se onregmatige rykdom word weggeneem:

ENG RammitlwaONMaumela