Skip to content

Ramaphosa sê regering se reaksie op land se waterkrisis fokus op volhoubare, langtermynhervorming

# President Cyril Ramaphosa sê die regering reageer op die behoefte om toegang tot veilige en betroubare water aan gemeenskappe uit te brei deur die nasionale program om toegang tot water te versnel. Die program is veronderstel om die tyd tussen die identifisering van ʼn gemeenskap se behoefte en die lewering van water te verkort. Ramaphosa erken in sy weeklikse nuusbrief dat die regering in te veel munisipaliteite nie waterinfrastruktuur onderhou het nie. Hy sê hulle het oor die volgende drie jaar 156-miljard-rand aan water- en sanitasie-infrastruktuur toegeken.