# Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê sy land is steeds bereid om ʼn diplomatieke oplossing met Iran te bereik. Amerika se Weermag het gisteraand die negende agtereenvolgende nag aanvalle op Teheran uitgevoer. Die afgelope drie weke is minstens 50 mense dood en meer as 500 beseer. Sewentien Amerikaanse soldate is in die konflik dood. Rubio sê Iran kan nie aanspraak maak op ʼn ooreenkoms van verstandhouding as hy die bepalings daarin oortree nie.
Rubio sê Amerika is steeds bereid om diplomatieke oplossing met Iran te oorweeg