# Die vakverbond Cosatu doen ʼn beroep op politici om die Openbare Beleggingskorporasie se raad toe te laat om sy oorsigrol sonder vrees, guns of inmenging af te handel. Dit volg na ʼn fluitjieblaser se bewerings dat politici probeer het om in te meng by ondersoeke en die korporasie se bestuur en beleggings. Die uitvoerende hoof, Patrick Dlamini, is geskors na bewerings van wangedrag. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê alle partye moet die oppergesag van die reg respekteer en toelaat dat ondersoeke sonder onderbreking voortgaan:
Cosatu bekommerd oor moontlike politieke inmenging by Openbare Beleggingskorporasie se beleggings en bestuur [SOUND]
ENG ParksONInterference