# Die Stad Tshwane het nog ‘n belangrike mylpaal bereik in die uitvoering van die veelparty-koalisieregering se Elektrisiteitstabiliseringsplan, met die amptelike oorhandiging van die opgeknapte Reimapark Sekondêre Substasie in Bronkhorstspruit. Die opknappingsprojek is tussen November verlede jaar en Junie vanjaar uitgevoer. Die burgemeesterskomiteelid vir Nutsdienste, Frans Boshielo, sê werk het die opknapping van die gebou, die verbetering van veiligheidsmaatreëls en die vervanging van verouderde 11-kilovolt-skakeltoerusting ingesluit:
Tshwane bereik mylpaal met oorhandiging van opgeknapte substasie in Bronkhorstspruit [KLANK]
ENG BoshieloONBronkhorstspruit