Skip to content

Motorsport: Ferrari beboet, maar Hamilton en Leclerc behou wegspringplekke

# Lewis Hamilton en Charles Leclerc behou hul wegspringplekke nadat Ferrari vir ‘n oortreding van die sportregulasies tydens die Belgiese Grand Prix beboet is. Die Italiaanse span moes voor baanbeamptes verskyn om ‘n beweerde oortreding van reëls te verduidelik. Die oortreding hou verband met die terugbesorging van gebruikte bande aan Pirelli ná die eerste oefensessie. Ferrari het aan ‘n deel van die regulasies voldoen deur die gebruikte bande elektronies te verklaar, maar het nagelaat om dit betyds fisies terug te besorg. Ferrari is na die vergadering met die baanbeamptes ‘n gesamentlike boete van 95-duisend-rand vir die twee renjaers opgelê.