# Die adjunkminister in die Presidensie, Kenny Morolong, het amptelik Radio Mafisa in Rustenburg, in Noordwes, se nuwe, moderne ateljees geopen en uitsaaitoerusting oorhandig. Radio Mafisa, die oudste gemeenskapsradiostasie in die provinsie, het gister sy 30ste bestaansjaar gevier. Die opgradering is deel van die Media-ontwikkeling- en diversiteitsagentskap se program om gemeenskapsradiostasies te ondersteun. Morolong sê die opgradering beklemtoon mediadiversiteit en vier 30 jaar van Suid-Afrika se Grondwet, wat vryheid van spraak en toegang tot inligting beskerm.
Adjunkminister Morolong oorhandig ateljeetoerusting aan Radio Mafisa in Noordwes