Skip to content

Madlanga-kommissie dagvaar weer hoof van Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie

# Die Madlanga-kommissie het ‘n nuwe dagvaarding uitgereik aan die hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Andrea Johnson. Woordvoerder Jeremy Michaels het bevestig sy is terug by die werk nadat sy in die hospitaal was. Die kommissie ondersoek bewerings van magsmisbruik in verband met ondersoeke deur Misdaadintelligensie, asook aantygings dat Johnson vir generaal-majoor Feroz Khan beskerm het in ‘n saak van aanranding en intimidasie. Michaels sê ‘n nuwe verskyningsdatum sal aangekondig word.

ENG-MichaelsOnJohnson