Skip to content

Iran val die eerste keer in huidige oorlog teikens in Sirië aan

# Iranse staatsmedia en ‘n Siriese militêre bron sê Iran het vroeër vandag die ooste van Sirië aangeval in die eerste bekende Iranse aanval op Siriese grondgebied sedert die Midde-Oosterse oorlog vroeër vanjaar begin het. Iran se Revolusionêre Wag sê hy het ‘n Amerikaanse bevelsentrum in Sirië aangeval as vergelding vir Iranse soldate wat in Iranshahr gesterf het. ‘n Siriese militêre bron het aan Reuters gesê Iran het ‘n aanval naby Tanf uitgevoer, maar het nie die basis self getref nie.