Skip to content

Hlabisa sê regering oorweeg om Koalisiewetsontwerp te bespoedig voor die verkiesing

# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê die regering oorweeg dit om die Wysigingswetsontwerp op Munisipale Strukture voor November se plaaslike regeringsverkiesing te bespoedig om bestendigheid ná die verkiesing te bevorder. Die wetgewing, ook bekend as die Koalisiewetsontwerp, beoog om ‘n wetgewende raamwerk in te stel vir die vorming en bestuur van koalisieregerings en stelsels te skep om koalisies se uitdagings binne plaaslike regering te beperk. Hlabisa sê die wetsontwerp sal ook onetiese manipulering van rade deur partye met minder verteenwoordiging beperk.