Skip to content

Vier SASSA-amptenare in Limpopo afgedank weens bedrogskema van R33-miljoen

# Die maatskaplike sekerheidsagentskap SASSA het vier amptenare van Limpopo afgedank nadat hulle skuldig bevind is in verband met ʼn bedrogskema van 33-miljoen-rand. Volgens ʼn interne ondersoek het hulle die stelsel vir maatskaplike toelaes gemanipuleer terwyl hulle saam met sindikate buite die stelsel gewerk het. SASSA sê die amptenare het teen die interne tug-bevinding geappelleer, maar dis van die hand gewys weens die erns van die wangedrag en die noodsaaklikheid om staatshulpbronne te beskerm. Die agentskap sê hy handhaaf ʼn beleid van geen verdraagsaamheid teenoor bedrog en korrupsie.