Skip to content

Krieket: Markram en Wolvaardt ontvang hoogste eer by Krieket Suid-Afrika

# Krieket: Aiden Markram en Laura Wolvaardt was die groot wenners op Krieket Suid-Afrika se toekennings in Johannesburg toe hulle as mans- en vroue-speler van die jaar aangewys is. Markram het ook die spelers se speler van die jaar-toekenning gekry. Wolvaardt is ook vereer as beste eendag-speler, beste T20-speler en spelers se speler van die jaar. Simon Harmer en Matthew Breetzke is onderskeidelik aangewys as die mans-toets- en eendagspeler van die jaar. Lungi Ngidi is die T20-internasionale speler van die jaar en Suid-Afrikaanse ondersteuners se speler van die jaar.