# Die Wes-Kaapse polisie bied ʼn beloning van tot 50-duisend-rand aan vir enige iemand wat inligting het wat kan lei tot die inhegtenisneming van verdagtes wat ʼn Ghanese burger vermoor het. Die 35-jarige Bashira Issaka is verlede maand by sy vraghouer-sakeonderneming doodgeskiet deur verdagtes wat ʼn beskermingsfooi by hom geëis het. Die polisiewoordvoerder, Thembakazi Mpendukana, sê die ondersoekbeampte doen alles in sy vermoë om die oortreders op te spoor:
Wes-Kaapse polisie bied tot R50-duisend aan vir inligting oor moord op Ghanese burger [KLANK]
ENG MpendukanaONCashReward