# Die onteerde R&B-sanger R Kelly het die Amerikaanse president, Donald Trump, formeel versoek om sy vonnis van 30-jaar tronkstraf te versag. Die 59-jarige, wie se volle naam Robert Sylvester Kelly is, is in 2021 skuldig bevind aan die bedryf van ‘n misdaadonderneming wat vroue en minderjarige meisies vir onwettige seksuele bedrywighede en pornografie gewerf het. Hy is in 2022 skuldig bevind aan kindermishandeling en die uitlokking van kinders. Kelly dien tans sy vonnis in Noord-Carolina uit en kom nie in aanmerking vir vrylating voor Januarie 2046 nie.
R Kelly versoek Trump formeel om sy vonnis van 30-jaar vir sekshandel te versag