Skip to content

KZN-premier sê provinsie toon tekens van ekonomiese herstel

# KwaZulu-Natal se premier, Thamsanqa Ntuli, sê sy regering neem die hele samelewing in ag wanneer hulle vertroue wil herstel, dienslewering versnel en nuwe hoop skep. Hy noem uitdagings soos voortslepende ekonomiese probleme, klimaat-verwante rampe en die gevolge van die onluste in Julie 2021. Ntuli sê die provinsie toon tekens van ekonomiese herstel, met onder meer ʼn belofte van 89-miljard-rand se beleggings in 2024, wat verlede jaar tot 101-miljard-rand verhoog is. Hy sê daar was ook verbetering wat openbare veiligheid betref, en moord, seksuele oortredings en roof met verswarende omstandighede het afgeneem.