Skip to content

Rugby: Mees ervare vroue-toetsskeidsregter Barrett-Theron neem blaaskans om kanker te beveg

# Rugby: Die mees ervare vroue-toets-skeidsregter, Aimee Barrett-Theron, het ‘n blaaskans geneem nadat sy met borskanker gediagnoseer is. Die 39-jarige Suid-Afrikaner het reeds 52 toetse hanteer. Sy was verlede maand skeidsregter in die wedstryd tussen Suid-Afrika ‘A’ en Zimbabwe in Gqeberha. Barrett-Theron sê sy is vasbeslote om ná haar behandeling en herstel as ʼn sterker persoon na die veld terug te keer.