Skip to content

Iran dreig om alle energie-uitvoere uit die Midde-Ooste te staak

# Iran het gedreig om alle energie-uitvoere uit die Midde-Ooste te stop, na die VSA sy vlootblokkade teen Iranse hawens herstel het. Die twee lande het mekaar gister vir ‘n vyfde dag aageval. Iran se Rewolusionêre Wag sê die uitvoer van olie en gas uit die streek sal óf vir almal óf vir niemand wees nie. Hy het bygevoeg die Straat van Hormoes sal gesluit bly totdat die VSA sy dade van aggressie beëindig. Minstens 30 burgerlikes is die afgelope dae in Amerikaanse aanvalle in suidelike Iran dood.