# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het die termyn van Transnet se raad met ses maande verleng tot 11 Januarie, of tot ‘n nuwe raad aangestel word. Die termyn sou die afgelope Sondag verstryk het. Die nie-uitvoerende voorsitter, Andile Sangqu, en die huidige nie-uitvoerende direkteure sal tydens die verlenging in die amp bly. Transnet se uitvoerende hoof, Michelle Phillips, en die finansiële hoof, Nosipho Maphumulo, sal ook voortgaan om as uitvoerende direkteure te dien.
Creecy verleng Transnet-raad se termyn met ses maande