# Die minderheidsleier in die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers, Hakeem Jeffries, gaan ‘n voorgestelde wysiging van die Republikeinse verteenwoordiger Thomas Massie teenstaan wat alle Amerikaanse hulp aan Israel sal beëindig. Die huis stem vandag daaroor. Indien dit aanvaar word, skakel dit jaarlikse Amerikaanse hulp van 54,08-miljard-rand aan Israel uit, insluitend nie-veiligheidsverwante bystand wat tussenpersoonlike samewerking en humanitêre programme befonds. Jeffries sê die wysiging sal Amerika se vermoë inperk om militantegroepe soos Hamas en Hisbolla teen te werk, wat hy terreurorganisasies noem wat Amerika en Israel vyandiggesind is.
Minderheidsleier van Amerikaanse Huis gaan stem teen voorstel om alle hulp aan Israel te sny