# Rugby: Die Springbok-hulpafrigter, Deon Davids, waarsku dat Wallis Saterdag gevaarlik kan wees juis omdat hulle heel laaste op die Nasieskampioenskaps-ranglys is. Suid-Afrika mik na ‘n derde oorwinning in die kompetisie nadat hulle reeds met Engeland en Skotland afgereken het. Wallis het vir Fidji geklop, maar teen Argentinië verloor. Suid-Afrika het Wallis in November verlede jaar sy grootste tuis-nederlaag ooit van 73-0 toegedien. Davids sê Wallis is nogtans ʼn baie mededingende span:
Rugby: Springbok-hulpafrigter versigtig vir desperate Wallis [KLANK]
ENG DavidsOnWales