Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 15 Julie 2026:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig die parlementêre ad hoc-komitee het bevind die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, en nasionale adjunkkommissaris, Shadrack Sibiya, het geen bande met misdaadnetwerke nie. Die koerant skryf die konsepverslag het egter ernstige, onopgeloste integriteitskwessies rondom Mchunu en Sibiya geïdentifiseer.
# En die Netwerk24-webblad:
Berig die voormalige DA-leier Tony Leon, se skakelmaatskapppy, Resolve Communications, sê die ondersoek deur ActionSA na beweerde politieke inmenging deur die maatskappy is ‘n politieke foefie.
En tweedens skryf die webblad die Suid Afrikaanse Rugbyunie het toegegee dat die pryse van Springbok-rugbykaartjies baie duur is en ‘n beroep op stede en provinsies gedoen om ‘n deel by te dra gesien in die lig van die sport se ekomiese bydrae. SARU sê hy sal in 2027 die pryse hersien.
GAUTENG:
# The Star:
Skryf ‘n soek- en reddingsoperasie is suksesvol afgehandel na die ineenstorting van ‘n keermuur by ‘n kerk in die eBuhleni-nedersetting in Inanda, KwaZulu-Natal. Al agt gemeentelede wat vasgekeer was, is uit die puin gered.
# Sowetan:
Lei met: “IS MCHUNU OFF THE HOOK?” en berig soos Business Day oor die integriteitskwessies wat aangespreek moet word.
# En The Citizen:
Skryf oor lugbesoedelingsbelasting vir voertuie wat Johannesburg oorweeg. Ouer voertuie mag dalk selfs verban word uit die stad.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Berig daar is kommer in die Wes-Kaapse regering dat die streek na die ernstige oorstromings nou op ‘n droogte afstuur.
En tweedens skryf die koerant ook oor die hersiening van rugbykaartjiepryse.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig die omstrede Andile Lungisa se toekomsplanne kry die wind van voor deur die ANC-veterane.
En skryf tweedens die Muse Restaurant in Walmer is aangewys as die beste eetplek in die Oos-Kaap.
KWAZULU-NATAL:
# The Witness in Pietermaritzburg:
Skryf die Zoeloe-koning, Misuzulu kaZwelithini het Thulasizwe Buthelezi as die tradisionele premier van die Zoeloe-nasie ontslaan. Inkosi Phathisizwe Chiliza sal by hom oorneem.
En tweedens word ook berig oor die ondersoek na die pryse van Springbok-rugbykaartjies.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig daar is tans net drie maatskaplike werkers verantwoordelik vir die lewering van diens in al sewe kiesafdelings van die Omahekestreek. Die koerant skryf daar is in die vorige boekjaar 85 nuwe kinderbeskermingsake in die streek aangemeld.
En tweedens skryf die koerant weerstand van grondeienaars en ’n gebrek aan finansiering vertraag die besproeiingskema by die Neckartaldam.