# Krieket: SA20 se Joburg Super Kings asook die Indiese Premierliga se Chennai Super Kings soek ‘n nuwe hoofafrigter nadat Stephen Fleming by albei die spanne bedank het. Hy was die afgelope 18 jaar by Chennai, eers as speler en toe as afrigter, en het vyf IPL-titels ingepalm. Die 53-jarige voormalige Nieu-Seelandse kaptein sê 18 jaar is ‘n leeftyd in sport en hy vertrek met groot dankbaarheid. Hy het tussen 1994 en 2008 altesaam 111 toetse, 280 eendagwedstryde en vyf T20’s vir die Swart Pette gespeel.
Krieket: Joburg Super Kings en Chennai op soek na nuwe hoofafrigter na Stephen Fleming bedank