# ‘n Een-en-dertigjarige internasionale dwelmmuil is op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng in hegtenis geneem nadat owerhede beslag gelê het op dagga ter waarde van ‘n geraamde 2,9-miljoen-rand. Die polisie sê die verdagte het gisteraand via Dubai uit Thailand geland en is onderskep tydens ‘n intelligensie-gedrewe operasie tussen die Valke, die Grensbestuursowerheid, Doeane, die polisie en Amerikaanse amptenare. Woordvoerder Granville Meyer sê beamptes het 18,4-kilogram dagga in sy bagasie ontdek. Hy verskyn môre in die Landdroshof in Kemptonpark.
Beslag gelê op dagga ter waarde van R2,9-miljoen op OR Tambo-lughawe