Skip to content

Minister Hlabisa vra groter samewerking terwyl sterftes tydens winter-inisiasie tot 35 styg [KLANK]

# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê die voortgesette lewensverlies en voorvalle wat tydens tradisionele inisiasie-seisoene aangemeld word, is kommerwekkend. In vanjaar se winter-inisiasieseisoen is 35 jong mans dood, 75 het in die hospitaal beland en 180 is uit onwettige inisiasieskole gered. Twaalf inisiasie-verwante ontvoerings is aangemeld, en wetstoepassers het 130 strafregtelike sake aanhangig gemaak wat tot 40 inhegtenisnemings gelei het. Die departement se woordvoerder, Pearl Maseko-Binqose, sê meer moet gedoen word om voorkombare sterftes, beserings en misdadige aktiwiteite wat met inisiasie verband hou, te voorkom:

ENG BinqoseONInitiation