Skip to content

Rugby: Junior Bokke klop Engeland en haal Junior Wêreldbeker-eindstryd

# Rugby: Die verdedigende kampioen, die Junior Springbokke, is deur na die eindstryd van die Junior Wêreldkampioenskap nadat hulle Engeland 53-37 afgeransel het in Tbilisi, Georgië. Kevin Foote se manne het sewe drieë gedruk. Die vleuel Khuthadzo Rasivhaga het drie keer oorgeduik en die losskakel Yaqueen Ahmed het 23 punte bygedra. Suid-Afrika en Frankryk sal Saterdag in die eindstryd kragte meet nadat die Franse die Baby Blacks in die ander halfeindstryd naelskraaps 26-22 geklop het. Engeland en Nieu-Seeland sal sake uitspook vir derde plek.