# Sokker: Die Wêreldbekertoernooi het die voorlaaste ronde bereik met vier voormalige kampioene wat nog oorbly. Die tweemalige kampioen, Frankryk, en 2010 se kampioen, Spanje, pak mekaar vanaand in die eerste halfeindstryd in Dallas, Texas. Môreaand kom die verdedigende en driemalige kampioen, Argentinië, in Atlanta te staan teen 1966 se kampioen, Engeland. Die uitspeelstryd om derde plek word Saterdag in Miami beslis, en Sondag gaan die wenners van die twee halfeindstryde mekaar in New York die stryd aansê om die gesogte goue beker.
Sokker: Vier vorige kampioene in halfeindronde van Wêreldbeker