# Owerhede by die tydelike repatriasieverwerkingsentrum in Musina, Limpopo sê sekere Zimbabwiese migrante misbruik die repatriasiestelsel om gratis vervoer te probeer bekom. Beamptes beweer van die persone registreer herhaaldelik vir vrywillige repatriasie, alhoewel hulle geen voorneme het om na hul geboorteland terug te keer nie. Die Departement van Binnelandse Sake sê maatreëls word ingestel om hierdie misbruik te voorkom en te verseker die repatriasieproses bly ordelik en regverdig.
Binnelandse Sake doen stappe teen misbruik van repatriasie in Musina