Skip to content

Hoof van Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie verskyn vandag voor Madlanga-kommissie

# Die hoof van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Andrea Johnson, verskyn na verwagting vandag voor die Madlanga-kommissie. Dit volg na getuienis dat Johnson in 2018, toe sy ʼn senior aanklaer by die Nasionale Vervolgingsgesag was, na bewering die inhoud van ʼn vertroulike misdaad-klagte laat uitlek het aan die hoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan, wat ʼn verdagte in die saak was. Sy het volgens berigte ook ondersoekbeamptes opdrag gegee om sekere aspekte van die saak nie te ondersoek nie. Senior ondersoeker, Brian Padayachee, sal ook later die week voor die kommissie verskyn.