# Rugby: Die eindtelling van 42 – 28 in die guns van Suid-Afrika teen ‘n vurige Skotse span in hul Nasieskampioenskap-kragmeting op Loftus in Pretoria gisteraand klink vleiend, maar swak verdediging het hulle amper die wedstryd gekos. Die rustydtelling was 14-elk. Skrumskakel Ambrose Papier, wat terug is na ‘n agt jaar lange afwesigheid, het die Bokke se openingsdrie gedruk. Uiteindelik het Suid-Afrika Skotland met ses drieë teen vier geklop. Handré Pollard het al ses drieë verdoel en is as Man van die Wedstryd aangewys.
Rugby: Bokke getoets deur vasberade Skotte in Nasieskampioenskap