# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê meer as een-miljoen Suid-Afrikaners het sedert 1990 geëmigreer, met meer as 107-duisend wat die afgelope ses jaar die land verlaat het. Die organisasie het ‘n diaspora-opname van stapel gestuur om beter te verstaan waarom mense vertrek en of hulle sal oorweeg om terug te keer. Makone Maja van die instituut sê die bevindinge sal help om maniere te identifiseer om Suid-Afrika ‘n land te maak waar meer mense kies om te bly en hul toekoms te bou.
Instituut vir Rasseverhoudinge sê meer as een-miljoen Suid-Afrikaners het sedert 1990 geëmigreer